Dis vir ons ‘n plesier om ‘n positiewe verwysing te gee oor Jesmarann bouers na die afhandeling van ons bouprojek.
Soos op enige bouprojek het uitdagings opgeduik, maar dit is professioneel hanteer soms tot Jesmarann se finansiële nadeel.
Die doelwit gestel om die projek suksesvol af te handel en hul naam en waardes gestand te doen, is definitief bereik.
Die hantering van die finansiële aspek is deurlopend ‘n deursigtige proses en ons as kliënt kon ter enige tyd insae kry.
Baie dankie vir die suksesvolle afhandeling van ons pragtige huis en ons wens Marc en sy span baie sterkte en sukses met hul toekomstige projekte.