Dit is met die grootste vrymoedigheid dat ek die dienste van Jesmarann kan aanbeveel.
Die hele projek met die bou van my woning was vanaf die tenderproses tot die afgee van die woning, uiters professioneel en deursigtig, maar ook met baie vriendelikheid hanteer.
Marc en die Jesmarann span was akkommoderend en altyd bereid om na my bekommernisse en probleme, waarvan daar maar min was, te luister.
Opvolgdiens was ook puik gewees.
Baie dankie Marc en jou span vir netjiese konstruksiewerk, en hou so aan!