fbpx

Vivian en Juanita Sciocatti

  1. Konstruksie van woning het in Mei 2019 begin en was begin Desember 2019 voltooi.
  2. Ons was baie ingenome met die bouproses en vordering wat gereeld vir ons verskaf was.
  3. Aangesien ons naby woonagtig was het ons self ook gereeld die konstruksieproses gevolg. Navrae wat ons gehad het sowel as versoeke is so spoedig moontlik opgevolg en na wense afgehandel.
  4. Jesmarran se personeel het ons te alle tye professioneel en baie vriendelik hanteer en hul streef van klientsatisfaksie is beslis altyd daar.
  5. Soos met enige bouproses is daar altyd n probleempie of twee wat opduik( definitief van ons kant ook). Spesiale versoeke wat ni altyd met planne ooreenstem nie is gemaak en professioneel verwerk en afgehandel.
  6. Gereelde versoeke om vinnige vergaderings te hou op kort kennisgewings was spoedig hanteer.
  7. Terugvoering oor die finansieele proses was vinnig hanteer en ons is deurlopend op hoogte gehou.
  8. Mark en sy span verdien werklik n pluimpie vir hul erns en toewyding waarmee hul hul taak aanpak en voltooi. Spesiale dank aan Johan wat die bouproses hanteer het. Ook aan Jolene en Louise vir hul (agter di skerms) werk.
  9. Selfs die “SNAGLIST” wat daar maar altyd na n bouery is is profesioneel afgehandel.
  10. Ons kan werklik die Jesmarran groep baie sterk aanbeveel vir enige persoon wat van n bougroep wil gebruik maak.
Close Menu