fbpx

Hein & Louise Brand

Toe ek en my vrou, Louise besluit het om ons in Langebaan te vestig het ons voor `n keuse te staan gekom; gaan ons `n huis koop of gaan ons bou. Om `n klaar huis te koop was dan ook vir ons die maklikste en voor die handliggenste opsie gewees. Dit sou die minste moeite wees en die “risisko`s” wat saam met `n bouery gaan uitskakel.

En so het die soektog begin na die ideale aftree huis. Ons het na tien talle huise gaan kyk waarvan sommige binne ons behoeftes geval het maar dan in die verkeerde area of as ons `n huis in die regte area kry voldoen dit weer nie aan ons vereistes nie. Dit sou beteken ons moes veranderringe aanbring teen verdere kostes en risikos.

Na deeglike oorweging het ons die dapper besluit geneem om te bou, maar die vraag was toe, wie sou die boukontrakteur wees? Eerstens het die soektog na `n erf begin en my vrou, Louise het kilometres in Langebaan afgelệ en na elke beskikbare erf binne ons begroting gaan kyk maar ons kon niks kry, maar op `n dag kom ons op die ideale erf af en koop die erf.

Ons was aanbeveel om met Jesmarann in verbinding te tree oor die bou van ons aftree huis.

Ons was hartlik deur Marc en Eloise by hulle kantore ontvang en ons het sommer van die begin tuis gevoel in die Jesmarran kantore. Marc het aan ons twee opsies voorgehou van hoe ons moontlik die projek kon benader waarvan die Projekbestuur opsie ons beter gepas het. Marc het ook onmiddelik die Boutekenaar Johan aan ons voorgestel waarna ons die plan en ons vereistes bespreek het. Boutekenaars was dan ook baie geduldig met ons en op gereelde basis die planne verander totdat ons seker was dat dit is wat ons wil hê. Nadat die planne goedgekeur was kon formele onderhandelinge met Marc en sy span begin.

Vir die eerste keer het ons begin opgewonde raak oor die “journey” saam met Jesmarran.Ons kan met reg getuig dat die projek was deurgans gekenmerk deur:

  • Tydige en effektiewe kommunikasie;
  • Integriteit;
  • Dringendheid;
  • Proffesionalisme;
  • Kwaliteit werk;
  • Effektiewe finansiël bestuur;
  • Vinnige en effektiewe reakise op probleempies nadat ons die huis betree het.

Ons huis was voltooi plus minus 1 maand voor die beplande datum van voltooiing met `n besparing van plus minus R 45 000 (3.6%) onder die gekwoteerde prys.

Ons kan opreg Jesmarran aanbeveel vir enige person wat opsoek is na betroubare boukontrakteurs met integriteit , hulle is uitstaande en “strive for excellence” in alles wat hulle doen.

“Well done” Jesmaran, julle het ons gehelp om ons droom aftree huis te bou sonder enige kopsere!!

Close Menu