fbpx

Frans Malan – LCE

Oor die algemeen was ons baie tevrede met die projek. ‘n Paar dinge wat uitgestaan het is die volgende:

Vriendelike en behulpsame aanslag vanaf die hele opset , van die baas, Mark af tot by  almal in die kantoor en op die bouperseel. Daar is regtig moeite gedoen om al ons navrae te hanteer.

Baie dankie ook vir die aanvanklike baie volledige kwotasie. Dit het gehelp met ons bestuur van fondse tot ons beskikking.

Handige/sinvolle wenke is gegee gedurende die projek; soos bv kleur van vloerlyste en garagevloer.

’n Baie groot pluspunt was die gereelde kontak dmv selfoonboodskappe, -oproepe en selfs foto’s. Ons was gedurende die boutyd in Stellenbosch woonagtig maar was deurentyd op hoogte gehou met wat aangaan en wat beplan word.

Ons kan ook noem dat enige “klagtes” met kontrakteurs onmiddelik aangespreek is.  As ons iets genoem het  wat pla , is daar onmiddelik ‘n oproep gemaak.

As ons luister na ander mense se verhale van wat hulle met hulle bouery moes deurmaak kan ons maar net sê dat dit vir ons uiteindelik ‘n verrykende ervaring was!

Baie dankie, Jesmarann.

Close Menu