fbpx

Collin Geldenhuys

Na voltooiing van my huis planne het die kwotasie proses begin. Vier bouers is genader. Twee weke later is ek deur RE/MAX verwys na Jesmarann.  Ek het hulle gekontak en ‘n kwotasie aangevra.  Dit het Jesmarann slegs drie dae geneem om ‘n volledige 15 bladsy kwotasie te voltooi.  Teen daardie tyd het ek steeds niks van die ander bouers gehoor nie.

Ek het ‘n afspraak gemaak en vir Marc Meiring by hulle kantore ontmoet.  Dit was ‘n aangename span mense wat ek ontmoet het en die besluit was maklik. Elke personeel lid weet presies wat aangaan en wat van hulle verwag word.  Tydens die projek was daar daaglikse kommunikasie oor die vordering met fotos.  Ek het elke oomblik geweet hoe die projek vorder.

Die mense in die omgewing het my verskeie kere genader en beklemtoon hoe beindruk hulle is met die netheid van Jesmarann se werk. Daar was goeie toesig deurentyd op die perseel.  Jesmarann is betroubaar, kundig en hou streng by die reels en bou regulasies. Die kwaliteit van die bouwerk is baie goed en terwyl fondse geredelik beskikbaar was, het die projek baie vinnig gevorder. Hulle het baie ondervinding en kon baie goeie raad gee waar nodig.

Daar was onvoorsiene oponthoud as gevolg van ‘n tekort aan befondsing grotendeels toeskryflik aan my eie onkunde as eienaar bouer.  Hierdie oponthoude was deels verantwoordelik vir oorspandering op projekkostes. Uiteraard was daar baie druk om die projek te voltooi hoe nader ons aan die intrek datum beweeg het. Ek het aan die einde gevoel daar kon beter toesig op die perseel wees en dat die projek bestuurder oorlaai was met werk wat gemaak het dat hy nie behoorlike toesig kon hou nie.  Hierdie was egter slegs die geval tydens die laaste 2 maande.

Ek is baie beindruk met die voltooide projek en sal hulle vir enige iemand aanbeveel wat wil bou of aanbou.

Close Menu